Stormweer vertraag VSA inenting

Hewige sneeu en bitter koue het groot dele van sentrale gebied van  Amerika in ʼn sneeu kombers laat toevou wat geweldige verkeer en elektrisiteit voorsiening ontwrig het.

Die winter stormweer het in Tennessee veroorsaak dat voertuie hoegenaamd nie kon beweeg voor die paaie afdeling kon begin om dit met swaar masjinerie kon oopmaak nie.

Die inenting veldtog het in talle deelstate tot algehele stilstand gekom, en miljoene dosisse entstof moes deur die gesondheid owerheid inderhaas na nuwe stoorplek verskuif word.

Sneeu en ys het voorgekom in Nashville waar dit ʼn rare verskynsel is, wat ʼn kombinasie van kragonderbrekings en gevaarlike ys-gladde paaie veroorsaak het.

Die verspreiding van entstof na verskillende deelstate is ook ernstig geraak, en in verskeie gebiede was dit onmoontlik om die entstof by hulle bestemmings te kry.