Spesiale ekonomiese perspektief op begroting 2021

Die afgelope maande, sedert minister Mboweni se tussentydse begrotings toespraak in Oktober, is die land op ʼn gonsende fiskale mespunt.

Die konteks van die debat word egter verskuil agter allerlei “kundige menings” en allerlei statistiese ontledings.

Prakties lewe SA op skuld – dit is onvolhoubaar en die ekonomiese groei is gevolglik ʼn hersinskim.

In 2010/11 was uitgawes sowat R 890 miljard.

Die verwagte begrotings TEKORT in 2021/22 is reeds R 708 miljard.

            In 2020/21 was die verwagte tekort R 368 miljaard …

Weens wanbestuur van covid-19 gaan die werklike tekort vermoedelik minstens dubbel daardie bedrag wees, UITGESLUIT korrupsie met lenings.

(R1 miljard: R1 000 000 000;

Die gemiddelde salaris in SA is sowat R 15 000 per maand;

Vir bruto R1 miljard moet jy 66 666 maande werk!)

Wat is die sleutel-vraagstukke vir die komende begroting?

Drastiese BESNOEIING VAN UITGAWES:

die staatsdiens word teen internasionale standaarde meer as 60% OOR-betaal, losstaande van swak diens en lae produktiwiteit.

byna een derde van die land se inwoners word deur die staat onderhou in die vorm van onregverdigbare “toelaes”.

vermorsing beloop konserwatief geskat 30-40% van besteding.

(ramings is al wat ons het; selfs die OG erken hulle is nie in staat om die omvang van korrupsie en bedrog in openbare finansies vas te stel nie)

Belangriker is die dringende UITBREIDING VAN DIE BELASTING-BASIS:

slegs sowat 4,5 miljoen mense betaal belasting in die normale sin.

            (diegene wat ʼn opgawe indien)

die April 2020 fiasko met voorwaardelike staatshulp het egter bewys dat miljoene mense uit die “township” demografie ontduik belasting, reeds dekades.

(dieselfde groepe wat deur wanbetaling Eskom vernietig)

VERLAGING IN BELASTING KOERSE:

verlaging in koerse hand-aan-hand met uitbreiding van die belastingbasis bereik twee doelwitte:

regverdigheid, maar ook stimulering van ekonomiese bedrywighede.

WAT IS DIE REDELIKE MAN SE VERWAGTINGE? 

Uit van die voorgaande is daar duidelik ruimte om belastingkoerse te verlaag, beide vir individue en klein ondernemings wat reeds geregistreer is.

(hierdie sektore word tot groot mate oorbelas, juis omdat gemarginaliseerde groepe hul inkomste toenemend uit klein ondernemings verdien)

WAT IS, ONGELUKKIG, DIE WERKLIKHEID?

Ons weet egter dat die regering reeds teenoor vakbonde kapituleer het.

Ons weet dat die regering reeds teenoor toelaag-begunsdigdes gekapituleer het.

Ons weet dat die korrupsie-omvang bloot toegeneem het onder Ramaphosa …

Boikotte gaan niks vermag nie – SAID mag sonder ʼn hofbevel op jou bates en bankrekeninge beslag lê.

Dit gaan vermoedelik versnel in die komende jaar.

Getransformeerde howe bevind meer en meer dat applikante wat deur die staat ten a gekom word, “reg is”, maar weier om daardie reg te handhaaf in uitsprake.

WAAROM IS HIERDIE POSITIEWE FAKTORE?

Die vestiging van alternatiewe strukture vir volkseie ekonomiese ontwikkeling, volkseie indienneming en volkseie belegging raak onmisbaar in elke plaaslike gemeenskap.

Dit maak oordeelkundige samewerking op ekonomiese terrein noodsaaklik.

Langer termyn moet ons daadwerklik mobiliseer sodat ons ons eie de facto gesag strukture daar kan stel – dit is tans ons grootste leemte:

            Gesag strukture met werklike, inherente gesag – nie self aangestelde’s nie.

Gesagdraers wat voldoen aan die voorvereistes word slegs gevind in volke met suiwer grondslae.

Dááraan moet ons bou, en die regering se prysgawe van die morele hoëgrond in die afgelope jaar gee aan ons die geleentheid daartoe.