Solidariteit verloor in hof

Die multi-kulturele vakbond Solidariteit het sy hofgeding verloor waarin hy gelyke indiensneming wou bevorder kry terwyl die regering swart bevoordeling as beleid toepas.

Die Minister van Arbeid, Thulas Nxesi, het glo gesê nou dat die hof ten gunste van die regering uitspraak gelewer het, sal die regering die sogenaamde transformasie in arbeids geledere nog harder druk.

Waarnemers reken die Solidariteit vakbond het met sy poging die huidige praktyk van blanke benadeling in die arbeidsmark, nog ʼn stap agteruit geneem.

Die benadeling van veral blanke mans in die werksplek is reeds meer as 20 jaar in Suid-Afrika, en met die huidige hofbeslissing wil die minister nog harder maatreëls instel om blankes te benadeel, onder die vaandel van “transformasie” .