Skotse hof gooi saak uit oor referendum

Berigte is ontvang dat die Skotse burgerlike hof die saak uitgegooi het waarin gevra is vir ʼn beslissing dat die Skotse parlement ʼn onafhanklike referendum mag hou sonder toestemming van Londen.

In sy uitspraak het die regter gesê die saak is prematuur en hipoteties.

Die veldtog vir onafhanklikheid wat deur Martin Keatings gelei word en poog om alles wettig te doen, reken die Skotse parlement het wel die reg om ʼn eie referendum te hou oor onafhanklikheid.

Hy is van mening dat die Skotse parlement die gesag het om ʼn nuwe stemming te hou oor afskeiding sonder die goedkeuring van die Verenigde Koninkryk se regering.

Die regter, Ailsa Carmichael van die Skotse Hof oor Sesessie sê die kwessie is ʼn hipotetiese geval, akademies en prematuur.

Die Eerste Minister van Brittanje, Boris Johnson, is gekant teen die Skotte se standpunt om af te skei van die Verenigde Koninkryk, en het besoek gebring aan Skotland waar gesprek gevoer is met die Skotse premier, maar daaruit het geen ooreenkoms gekom nie.