Sjina verban BBC uitsendings

Kort nadat die Konserwatiewe Party van Eerste Minister, Boris Johnson van Brittanje bekend gemaak het dat ʼn Sjinese TV kanaal in die land sy lisensie verloor het weens sy propaganda uitsendings vir die bevordering van kommunisme, het die Sjinese regering ʼn soortgelyke stap geneem.

Die Uitsaai Reguleerder in Sjina het die BBC verbied om enige verdere uitsendings te doen in Sjina, en die Verenigde Koninkryk word daarvan beskuldig dat die BBC die Sjinese uitsaai gedragskodes verbreek.

Sjina sê dat dit gevolglik noodsaaklik is om die BBC se uitsaai lisensie terug te trek, wat verdere uitsendings derhalwe verbied.

Die BBC is nie ingesluit in die standaard pakket van TV uitsendings wat deur Sjina toegelaat word nie, maar die intrekking van die lisensie beteken dat die BBC personeel terug sal gaan na Brittanje, end at die spanning tussen die twee moondhede verder vertroebel.