Sjina soek VSA “samewerking”

Die mees senior diplomaat van Sjina, Wang Yi, het gesê die VSA en Sjina het gemeenskaplike grond vir samewerking, soos byvoorbeeld om saam te span teen klimaatverandering.

Hy het ook verwys na die moontlikheid van samewerking in die stryd teen die koronavirus pandemie in ʼn poging om bilaterale skade te probeer herstel.

Wang, die Minister van Buitelandse Sake, sê Beijing staan gereed om konstruktiewe dialoog te heropen met Washington, en wil daarmee die besoedeling waarmee Donald Trump verhoudinge geskaad het, herstel.

Die waarheid het egter na vore gekom toe die minister gesê het Washington kan selfs oorweging gee aan die verwydering van sy swaar tariewe teen Sjinese goedere en die kansellering van ander maatreels wat teen Sjina ingestel is.

Die drastiese stappe wat die Trump-administrasie toegepas het teen die Sjinese het die kommunistiese moondheid  groot ekonomiese klap gegee wat Sjina graag verander wil kry.