Shell staar reuse eis in die gesig

Die Britse Hooggeregshof het in sy uitspraak gesê Shell Oliemaatskappy kan verwag om talle eise te kry vir sy nalatigheid met besoedeling in die Niger Delta gebied.

Shell word verantwoordelik gehou vir dekades lank se storting van afval produkte in die Niger Delta, en meer as 40,000 individuele eise kan teen hom ingestel word.

ʼn Groep Nigeriese landbouers en vissermanne kan nou ingevolge die hof uitspraak, met eise teen die reuse oliemaatskappy begin.

Vir dekades lank het Shell hom skuldig gemaak aan olie besoedeling in die kosbare Delta gebied, en die landbouers sowel as die visbedryf het miljoene Rand se skade gely, wat waarskynlik nou ʼn nuwe wending sal inneem.

  Die jongste hofbeslissing het die vorige hofuitspraak van 2017 ongedaan gemaak, toe die hof aanvanklik ten gunste van die olie reus beslis het.