SA Virus status

Die totale aantal mense wat ingeënt is teen die koronavirus, het nou eers die 32,315 merk bereik en die totaal van net meer as 1,5 miljoen mense wat die infeksie opgedoen het, sluit in die jongste 998 nuwe gevalle wat aangemeld is.

In dieselfde 24 uur tyd is 263 sterftes geregistreer waarvan 51 in die Oos-Kaap was, 27 in die Vrystaat, 39 in Gauteng en 60 in Natal terwyl 55 in Limpopo, 3 in Noord Kaap en 28 in Es-Kaap is.

Dit bring die totale sterftes sedert die begin van die pandemie op 49,413 te staan, en meer as 1,4 miljoen het herstel van infeksie.

Alhoewel die afname in gevalle bemoedigend is, bly infeksie moontlikhede hoog, en moet mense maskers dra, afstand van mekaar handhaaf en hande gereeld ontsmet soos wanneer inkopies gedoen is, moet die houers ook ontsmet word voor dit weggepak word.

Die herstel koers het verhoog tot 94%.