SA Virus status

Die jongste gegewens toon ʼn verdere afname in sterftes sowel as nuwe infeksies, en vir die eerste keer is die nuwe gevalle minder as ʼn duisend vir die 24 uur tydperk.

Byna nege miljoen mense is getoets, en net meer as 1,5 miljoen is positief gevind sedert die uitbreek verlede jaar begin het.

Meer as 1,4 miljoen het herstel van die infeksie, terwyl net meer as 49,000 sterftes aangeteken is.

Gedurende die 24 uur tydperk, is  792 nuwe infeksies aangeteken, en die herstel koers word op meer as 93% gestel. Vir die tydperk is 97 sterftes geregistreer.

Die afnames is bemoedigend, maar lesers word tog gemaan om steeds versigtig te wees en die gestelde maatreëls te gehoorsaam.