SA Virus status

Die stand van virus statistieke vir 9 Februarie het ʼn skerp afname getoon, maar of die statistieke volledig is, word deur sommige instansies bevraagteken.

Die herstel koers van mense wat infeksie opgedoen het, staan tans op 90%, en verteenwoordig 1,363,947 mense uit ʼn totaal van 1,477,511 gevalle wat infeksie opgedoen het. Dit beteken dat daar op die besondere tydstip sowat 113,564 pasiënte is wat infeksie het.

Vir die voorafgaande 24 uur tydperk is 1,376 nuwe infeksies aangemeld, en 183 sterftes is geregistreer.

Net meer as 8,5 miljoen mense is reeds getoets, wat beteken dat sowat 52 miljoen mense in die land nie getoets is nie.