SA sukkel om rekenaar hardeware te kry

Die bekombaarheid van sekere soorte hardeware vir rekenaars het nou ʼn krisis stadium bereik terwyl die aanvraag na sekere bykomende hardeware skerp toeneem.

Twee faktore beïnvloed die bekombaarheid van die belangrike komponente, waarvan die ontstaan van ʼn brand by een van Sjina se grootste vervaardiger, die beskikbaarheid ernstig knel.

Ingeligte bronne in die bedryf sê die beskikbaarheid van sekere komponente word geraak weens die invloed wat die pandemie het op die hawens waar verskeping moet plaasvind. Honderde skeepsvrag houers staan en wag om na verskillende wereldele gestuur te word, maar ʼn ernstige tekort aan personeel om die houers verskeep te kry, laat die bedryf mank gaan aan beter diens. Personeel tekorte het in die afgelope maande skerp toegeneem weens infeksie, wat meebring dat daar glo verskeie sleutel persone tuis moet aansterk .

Die tekorte veroorsaak dat sommige invoerders verplig is om voorraad aan te vul deur dit per vliegtuig te kry, wat weer  nadelige uitwerking het op die prysstruktuur.