SA bly misdaad paradys

Die Minister van Polisie het Vrydag die toenemende misdaad in die land, se syfers vrygestel wat nie net skokkend is nie, maar ook menige mense vreesbevange laat oor wat hulle enige oomblik kan tref.

Die verslag wat handel oor die tydperk tussen Oktober tot Desember verlede jaar toon daar daar is weer ʼn 6,6% styging in moorde, wat beteken 389 meer mense is vermoor vergeleke met die ooreenstemmende tyd die vorige jaar.

Kortom, sowat 46 moorde word gemiddeld daagliks gepleeg en sowat 136 verkragtings word elke dag aangeteken.

Meer as 12,200 verkragtings is in die laaste kwartaal van verlede jaar aangeteken, en dit volg nadat die Minister van Polisie vroeer gesʼn het die misdaad gaan vasgevat word.

Moorde wat in openbare plekke gepleeg is, was  2481 gevalle, wat geen plek in die land meer veilig maak nie, het waarnemers later opgemerk.

Sowat 1640 moorde is op plekke soos by woonhuise of plakkerskampe gepleeg, terwyl verkragtings toeneem teen ʼn skrikwekkende tempo.