Russiese veiligheidsmagte arresteer terreur groep

Die Russiese Federale Veiligheidsdiens het in ʼn verklaring gesê hulle het 19 verdagte terroriste van die Islamitiese Staat gearresteer.

Die veiligheidsmag vermoed dat die terreur groep met beplanning besig was om ʼn aanval uit te voer in die Noordelike Koukasië maar is betyds vasgetrek.

 Die polisie het glo ʼn tuisgemaakte hang tou by een verdagte gevind terwyl verskeie lede ook tuisgemaakte bomme in hulle besit gehad het.

Die veiligheidsmagte sê dit is duidelik dat sabotasie en terrorisme in die groep se beplanning ingesluit is.

Klaarblyklik het die terreur groep weer bymekaar gekom nadat een van hulle leiers wat uit Rusland gevlug het, weer teruggekeer het met die doel om paniek te veroorsaak.