Rusland slaan toe op joernaliste

Sergei Smirnov, ʼn joernalis in Rusland, is in aanhouding nadat hy ʼn grap op die sosiale Netwerk gesit het wat teen die Poetin regering gemik is.

Hy is vir twee weke in aanhouding geplaas en as redakteur van ʼn aanlyn platform, word dit duidelik dat die Russiese regering nie van kritiese of spottende artikels oor hulle sal verdra nie.

Waarnemers reken die aanhouding is ʼn voorbeeld van die Russe se toepassing van ʼn al harder gesindheid teenoor die media.

Sy aanlyn tydskrif, Mediazona is bekend vir die kritiese beriggewing en sy positiewe verslae oor protes optogte, iets waarvan die regeerders nie hou nie.

Die polisie se kleitrappery oor waarom die redakteur in hegtenis geneem is, het uiteindelik bygedra dat hy nie langer in aanhouding was nie.