Regering moet huiswerk beter doen

Die regering se Departement van Gesondheid behoort sy huiswerk veel beter te doen as wat tot nou die geval was, want daar word lukraak entstof aangekoop sonder om die tersaaklike faktore in ag te neem.

Diot is die mening van ʼn geneeskundige nadat dit bekend geword het dat die Oxford-AstraZeneca entstof nie doeltreffend genoeg is teen die B1.351 variant van die koronavirus wat in SA sy ontstaan gekry het nie.

Nadat behoorlike toetse uitgevoer is, en verdere toetse waarskynlik nodig sal wees, is gevind dat die entstof “teleurstellend” vergelyk met ander, en dat die een miljoen dosisse wat afgelewer is, en aangewend moes word om gesondheidsdienste se werkers te immuniseer, nou “eers gelos word om met ander entstof vervang te word”.

Die Oxford entstof wat onder 2,000 mense gebruik is, het getoon dat dit “minimale” beskerming bied by pasiënte wat die nuwe variant koronavirus beskerming moet kry.

Kenners sê dit veroorsaak dat kosbare tyd om met die veldtog voort te gaan, verlore is, en dat die aankoop van die entstof n verkwisting van fondse is waaroor die land nie nou beskik nie.