Ramaphosa se Staatsrede

Die president het sy vier fokus punte vir vanjaar genoem, en niks daarvan is nuut of vars vir Suid-Afrikaners nie.

Dit is soos een swart werker in ʼn onderhoud gesê het: Hy verwag niks van die president nie want die president het geen erg om hom te hulp te kom terwyl hy werkloos is nie.

Die vier mikpunte is maar die gewone sake wat ons oor en oor verneem, en wat leë beloftes gebly het tot hierdie dag.

Entstof krisis word nou in sekere kringe beskou as nie net nalatigheid nie, maar ook korrupsie word vermoed omdat die entstof nie geweier is toe die vervaldatum vasgestel is wat binnekort die entstof nutteloos sal maak.

Staatsrede of watter ander rede die ANC aanvoer, dit bly retoriek en lee beloftes, het een ekonoom gesê.