President van Olimpiese Spele bedank

Uit Tokyo word berig dat die hoof van die Olimpiese Spele, Yoshiro Mori, sy amptelike bedanking ingedien het gedurende die afgelope naweek.

Die uittrede volg nadat hy aanvanklik sy verskoning aangebied het vir seksionele opmerkings wat hy sou gemaak het.

 Die Olimpiese Spele se voortgang wat bedoel was vir 2020 is gekanselleer weens die pandemie wat wêreldwyd opslae veroorsaak het.

Daarna is dit uitgestel vir Maart 2021, en die terugslag wat nou ondervind is met die bedanking van die hoof, kan verdere vertragings veroorsaak.

Die Olimpiese Komitee en die Japanese regering is egter vasbeslote dat die spele voortgaan al sou daar “geen toeskouers in stadions toegelaat word nie”.

In ʼn amptelike verklaring sê die Olimpiese Komitee dat hulle volledige begrip het vir die president se optrede en bedanking, maar die Komitee gaan steeds hard werk om die 2021 Spele ʼn suksesvolle geleentheid te maak.