Politieke verdeeldheid bring nuwe regering

Enkele dae nadat die gematigde konserwatiewe regering in Italië verplig was om terug te staan weens die verdeeldheid in sy geledere, het die wantroue in die politieke tribunaal, gelei tot nuwe leierskap.

Die voormalige Europese Sentrale Bank se hoof het ingegryp en gesprekke begin met die leiers van partye in ʼn poging om die krisis vreedsaam op te los.

 Alhoewel sy gesprekvoering deur die meeste partye verwelkom word, is nog onduidelik of hy daarin sal slaag om ʼn parlementêre meerderheid sal kan saamvoeg om ʼn nuwe regering te vorm.

Die invloedryke Mario Draghi sê hy hoop om ʼn meerderheid saamgevoeg te kry, maar sal waarskynlik eers gedurende die komende week finale antwoorde kry as hy met die leiers gesprek gevoer het.