Pfizer lewer nog 20 miljoen dosisse

Suid-Afrika is geskeduleer om nog 20 miljoen dosisse Covid-19 entstof te ontvang wat deur die farmaseutiese maatskappy Pfizer gelewer gaan word.

Die aankondiging is deur die ANC se Minister van Gesondheid die afgelope Sondag gedoen en minister Zweli Mkhize het bygevoeg dat daar nou “net gewag word” vir ooreenkomste oor die aflewering daarvan.

Die minister sal glo verdere besendings entstof wat afgelewer word, bekendmaak sodra volledige besonderhede van lewering beskikbaar is.

Die minister beweer dat onderhandelings gevoer word met Pfizer, Johnson en Johnson, asook met AstraZeneca, waarvan ʼn gedeelte glo via die redelik onbekende African Vaccine Acquisition Task Team en ander via Covax gelewer sal word..

Die minister beweer dat hulle tevrede is dat voldoende voorraad ontvang sal word soos wat hulle beoog het om te kry, en waarvoor hulle betaal of waarvoor hulle onderhandel het.

Suid-Afrika mik glo daarna dat 67% van die land se bevolking teen die einde van Desember geïmmuniseer sal wees.

Intussen het die media gewag gemaak van gevalle waar mense in die VSA hulle twee dosisse Pfizer entstof ontvang het, maar enkele dae later positief getoets het vir infeksie van die koronavirus.