Pfizer entstof kos €50 per dosis

Volgens die Duitse media is die Pfizer entstof teen die koronavirus aangebied vir €50 per enkel dosis, wat die Duitse Medisyne Kommissie die vermoede gee dat onbillike verryking aan die orde is.

Sowat 500 miljoen dosisse entstof is aangebied vir €27 miljard wat beteken die BioNTech-Pfizer entstof sal vir baie lande van die wêreld onbekostigbaar aar wees.

Die aanbod sou voldoende wees om ongeveer 50% van die bevolking in lidlande van die Europese Unie te immuniseer.

Waarnemers wys daarop dat die aanbod se werklike prys sou neerkom op ʼn bedrag van €54.08 per dosis.

Dit sou beteken dat die prys per dosis byna 20 keer die van ʼn ander vervaardiger se entstof kos.