Oproep tot Sjina oor VN ondersoek

Die Verenigde Nasies (VN) se hoof vir Buitelandse Beleid, en EU verteenwoordiger, Josep Borrell, sê die Sjinese van Beijing moet bystand verleen met die pogings om ondersoek te doen van menseregte skendings teen die Oeigoers minderheid in Sjina.

Dit word ook van Sjina verwag om betekenisvolle toegang tot die gebied te verseker vir VN beamptes wat die ondersoek moet doen.

Die Oeigoers Moslem minderheidsgroep word klaarblyklik benadeel en menseregte bewegings bereik geen goeie resultate met hulle pogings nie, en die gemeenskap kla reeds vir jare dat daar teen hulle gediskrimineer word.

Die woordvoerder van die VN se Hoe Kommissaris vir menseregte verwag dat die afdeling se ondersoekspan na Xinjiang in die noordweste van Sjina, vrye toegang sal kry om sy werk af te handel.

Of Sjina wel gehoor gaan gee aan die VN oproep, word deur verskeie kenners bevraagteken, maar intussen begin die druk toeneem op Beijing om wel die oproep te gehoorsaam.