Ontvanger kry dalk meer belasting

Die Ontvanger van Inkomste kan soveel as R100 miljard meer aan belasting inkomste vorder as wat aanvanklik beraam is, het ekonome die afgelope week gesê.

Die medium termyn lyk meer belowend as wat beraam is, en die risiko fktor glo aansienlik laer as wat voorsien is, wat meebring dat meer belasting gevorder kan word, en met die drastiese styging in voedsel pryse, word die verkoop belasting (BTW) ook meer as wat voorsien is.

Die Bloomberg Ekonomiese vooruitskouing toon ook ʼn optimistiese groei terwyl die Nasionale Tesourie blykbaar ʼn opbou van kontant balanse gehad het oor die afgelope jaar, wat sowat R150 miljard beloop.

Die fondse is dus beskikbaar, en die woordvoerder Jeff Schultz, ʼn senior ekonoom reken dit moet net korrek geallokeer word in die begroting se raamwerk.