Onderwys krisis duur voort

Skole het heropen en die Departement van Onderwys het bevestig dat alle skole regoor Suid-Afrika gereed is vir die eerste kwartaal wat eindig op 23 April.

Baie skole kon egter nie heropen nie weens ʼn tekort aan beskermings toerusting soos maskers, reinigers en ander noodsaaklike goedere.

Angie Motshekga, die Minister van Basiese Onderwys het tydens ʼn media konferensie gesê daar is skole wat 2 weke later sal heropen vanweë die tekort aan  beskermde toerusting.

Onderwys het ook meer as 1,000 onderwysers aan die dood afgestaan weens koronavirus infeksie, en duisende kinders is nog nie seker waar hulle vir die nuwe skooljaar geplaas gaan word nie.

Die tweede kwartaal sal op 3 Mei in aanvang neem, en die sluiting vir die winter vakansie is op 9 Junie.