Nuwe kommer oor wet vir motoriste

Die veelbesproke Aarto Wet wat na verwagting teen Junie vanjaar van krag sal word, het weer nuwe vrae laat ontstaan wat mense laat frions oor die moontlikheid van korrupsie wat mag voortvloei.

Dit lyk of alles nie wel is by die Padverkeer Agentskap nie, en bewerings dat ongerymdhede reeds ondervind is, laat motoriste die wenkbroue lig.

Die afgelope Vrydag het die Agentskap aangekondig dat sy waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte en verskeie ander senior beamptes afgedank is.

Die optrede volg nadat vasgestel is dat daar wanadministrasie is, maar die omvang en besonderhede is nie bekendgemaak nie.

Onbevestigde berigte dui daarop dat sekere boetes ingedeel sal word om uiteindelik sowat R1 miljard aan reserwes kan beloop, wat van die projek eerder ʼn winsgewende bedryf gaan maak as wat dit vir padveiligheid voorsiening wil maak.