Nuusflitse

Australië

Verskeie deelstate van Australië oorweeg opheffing of verligting van maatreëls aangesien geen nuwe gevalle van koronavirus infeksie die afgelope dae aangemeld is nie.

Japan

Groot dele van Japan oorweeg dit om die noodtoestand te beeindig wat aangekondig is weens die pandemie, en werk onophoudelik om alles gereed te kry sodat die Olimpiese Spele oor 150 dae kan begin

Mianmar

Die generaal wat aangestel is as Minister van Buitelandse Sake het inderhaas na Thailand gevlieg met die doel om die buurland se guns te probeer wen, en die spanning tussen die twee lande te beëindig. Waarnemers reken egter die buurland is nie tevrede met Mianmar se staatsgreep en die arrestasie wat uitgevoer is op die wettig verkose premier nie.

VSA

Senator Mitt Romney van die Republikeinse Party in Amerika gaan waarskynlik as die mees gewilde kandidaat aangewys word in die 2024 presidentsverkiesing, en meningsvormers oordeel dat Donald Trump weer tot die stryd gaan toetree om president te word.