Nuusflitse

Japan

Japan het die afgelope naweek weer ʼn hewige aardbewing gehad waarvan die sentrale pint naby is waar die tsoenami se aardbewing was toe honderde mense omgekom het. Die skudding wat 7,3 op die Richterskaal geregistreer het, is die oorsaak dat meer as een miljoen woonhuise sonder krag is en groot ontwrigting veroorsaak het oor ʼn groot gebied.

Spanje

Die Kataloniese deelstaat het Sondag verkiesing gehou om vas te stel tot hoe ʼn mate daar nog inwoners is wat ten gunste van onafhanklikheid is, maar kenners reken die Spaanse regering het sy invloed gebruik om die mense teen onafhanklikheid te stem

Mianmar

Protes optogte duur nou reeds sewe dae waarin geëis word dat die demokraties verkose leiers wat die land regeer het, vrygelaat moet word deur die generaals wat die staatsgreep uitgevoer is. Verskeie Westerse lande ondervind ook protes optogte ten gunste van die vrylating wat gedoen moet word.