Nou kry SA Johnson se entstof

Suid-Afrika hoop om gedurende hierdie week entstof te kry wat afkomstig is van die vervaardiger Johnson & Johnson.

Die aankondiging is deur die Departement van Gesondheid se adjunk direkteur Anban Pillay gedoen.

In ʼn onderhoud met die media sê Pillay dat J&J se entstof het getoon in toetse dat dit hoogs effektief is om te voorkom dat mense in hospitale opgeneem moet word as hulle wel infeksie sou opdoen.

 Die voordeel van J&J entstof is dat die pasient slegs een dosis nodig het en nie twee soos met die meeste ander entstowwe nie.

ʼn Tweede voordeel is dat die entstof in ʼn gewone yskas gestoor kan word terwyl ander entstowwe teen besonder lae temperature gestoor moet word wat nie oral beskikbaar is in die land nie.

Pillay het egter nie gesê hoeveel dosisse afgelewer gaan word nie, en het ook nie verwys na die verkwisting wat aangegaan is deur die een miljoen dosisse entstof aan te koop van Oxford wat nou nutteloos is omdat dit nie effektief is teen die nuwe variant koronavirus wat in SA is nie.