Nou is Cele ook na Zuma

Die omstrede Minister van Polisie, Bheki Cele, het glo Donderdag na Jacob Zuma gegaan wat waarnemers laat wonder waarmee die ANC besig is.

Eers Malema, toe die MK veterane se leier, toe die ANC van Natal, en nou die Minister van Polisie.

Die belangrikste vraag wat gevra word deur buitestaanders is of enige ander gewone landsburger dieselfde behandeling sal kry as hy optree soos Zuma. Sal Cele so n gewone landsburger besoek?

Die antwoord is tog glashelder, en dit laat die vraag ontstaan of daar gekonkel word.