Noodtoestand verleng tot Maart

Die ANC se kabinet het besluit om die noodtoestand met nog ʼn maand te verleng tot 15 Maart 2021, wat beteken die koronavirus het veroorsaak dat Suid-Afrika nou 12 maande in ʼn noodtoestand verkeer.

Die besluit wat ietwat laat bekend gemaak is, en reeds Woensdag 10 Februarie geneem was, kom kort voor die president, Cyril Ramaphosa, gister sy staatsrede kon lewer.

Met die koronavirus pandemie wat klaarblyklik sy tweede pandemie uitgewoed het, laat wetenskaplikes en kenners bekommerd oor die moontlikheid dat pandemie drie in Maart op Suid-Afrika mag toesak.

Die regering het op 15 Maart 2020, ingevolge die landswette, die Noodtoestand afgekondig met die eerste gevalle van koronavirus besmetting, en daarna is die noodtoestand gereeld verleng, en bestaan die moontlikheid dat dit nog vir etlike maande kan voortduur.