Navalny se regterhand helper ook bedreig

Russiese polisiebeamptes het gesê Leonid Volkov, ʼn Europese Unie vriend en vennoot van Alexei Navalny, behoort gearresteer te word.

Rusland het glo ʼn arrestasie bevel uitgereik teen Volkov, ʼn top helper en ondersteuner van die Russiese opposisieleier Navalny, wat in die Europese Unie woonagtig is.

Volkov het groot druk op die Kremlin geplaas om Alexei Navalny vry te laat, en Russiese ondersteuners aangemoedig om protes optogte te hou, waarvoor Rusland nou as rede aanvoer waarom hy gearresteer moet word.

Volkov het ook ʼn beroep op die internasionale leiers gedoen om sanksies teen Rusland asook teen individuele leiersfigure van die Kremlin.

 Die Russiese regering het Volkov ook ingedeel by die mees gesoekte persone wat in ʼn verlengstuk van die sogenaamde afgeskeide state weg van Rusland gegroepeer is.

Indien Volkov dit sou waag om voet op Russiese bodem te sit, sal hy onverwyld gearresteer word en vir minstens twee maande opgesluit word.