Navalny: EU herhaal dreigement

Die hoof diplomaat van die Europese Unie, Josep Borrell, het Moskou gedreig met strafmaatreëls oor die aanhouding van Alexei Navalny, die Poetin regering se grootste kritikus en opponent.

 Die lidlande van die Europese Unie se Ministers van Buitelandse Sake het intussen byeen gekom om die Navalny situasie te bespreek en oorweging te gee aan meer sanksies teen Rusland.

Die EU is ernstig oor die vrylating van Navalny en sal waarskynlik binnekort bekend maak van hoe daar teen Moskou opgetree kan word.

Die ministers se vergadering het ook die Europese Hof vir Menseregte se standpunt en uitsprake in ag geneem rakende die vrylating van Navalny.

Intussen het Oostenryk ook bevestig dat hy saam met ander lidlande die instel van sanksies teen Moskou sal steun en verwelkom.