Navalny bemoedig Russiese kiesers

Alexei Navalny, die Russiese opposisieleier wat tans tronkstraf uitdien, het sy ondersteuners en die Russiese volk bemoedig met die boodskap waarin hy hulle vra om hulle vrese te oorkom en dapper voort te stry.

Intussen het die linkse Amerikaanse president, Joe Biden, sy eerste openbare kommentaar gelewer oor die Navalny aangeleentheid.

Navalny het in sy boodskap aan die Russiese volk ook gesê hulle moet nie net hulle vrese oorkom nie, maar moet ook die land bevry van die “bondel diewe” deur dapper voort te veg.

Navalny se boodskap kom nadat honderde ondersteuners tydens protes optogte in Moskou en St Petersburg deur die polisie gearresteer is.

Die 44-jarige stryder teen korrupsie en wanbestuur, het die afgelope drie tot vier jaar verskeie kere ervaar hoe die polisie onregmatig teen hom optree, vals beskuldig om hom op grond van die beskuldigings, in die tronk opsluit.

Dit is egter onduidelik wat Joe Biden te sê gehad het oor die voorval, en kenners wys daarop dat Rusland tot hede geen reaksie getoon het op Biden se uitlatings nie.