Munisipale dienste gaan glo opgeskerp worrd

Die president, Cyril Ramaphosa, het tydens sy staatsrede verlê week verwys na nog ʼn nuwe plan wat vanjaar aandag sal kry om munisipaliteite op ʼn hoër standaard te te kry met dienslewering.

Volgens Ramaphosa gaan meer opgeleide en bekwame mense aangestel word in die verskillende poste by plaaslike regerings, waarvan die besonderhede nie bekend gemaak is nie.

Dit is nog een van Ramaphosa se beloftes wat deur ekonome met ʼn knippie sout geneem word, aangesien daar weinig bekwame en opgeleide persone is wat die dienste gaan verbeter.

Die vervanging van bestaande personeel is ook nie sonder knelpunte nie, en met die ANC se beleid van Swart Bevoordeling, sal dit jare neem om die meer as 300 munisipaliteite toegerus te kry met meer bekwame personeel.