MTN verkoop sy Belgacom belange

Die Selfoon maatskappy MTN sê hy het ʼn ooreenkoms aangegaan met die verkoop van sy volle 20% aandeel in Belgacom Internasional Carrier.

MTN verkoop sy belange aan Proximus vir die reuse bedrag van R1,8 miljard, maar dit is nog nie duidelik of die transaksie reeds deurgevoer is nie.

Blykbaar hang die transaksie af van wanneer die handel reguleerders die transaksie goedgekeur het.

Sodra die finale ooreenkoms en nodige goedkeurings verkry is, sal MTN sy R1,8 miljard “in kontant” ontvang.