MK leiers ook na Nkandla

Die voormalige terroriste beweging, Umkhonto weSizwe(MK), se huidige veteraan leiers soos Niehaus en ander het glo ʼn afspraak om Jacob Zuma te besoek.

Die MK leiers glo die mees basiese reg van Zuma word, of is hom ontneem, naamlik die reg om te swyg tydens die aanhoor van sy getuienisse voor die Zondo Kommissie oor Staatskaping.

Die besoek van MK leiers volg kort nadat Zuma se aanvanklike politieke vyand, Malema, ook besoek gebring het en hulle saam “tee gedrink” het.

Die MK veterane besoek Nkandla Donderdag met die bedoeling om steun te verleen aan die voormalige ANC president wat nou een groot hofsaak het wat wag, en wat handel oor die wapen transaksie se beweerde korrupsie waarby Zuma en ʼn Franse maatskappy betrokke is.

Die MK leiers sê glo hulle besoek aan Jacob Zuma is deel van die 60 jarige feesvieringe van sy bestaan.

Dit is opmerklik dat die MK leiers steeds praat van “president Jacob Zuma” terwyl hy nie meer die amp beklee nie en slegs ʼn gewone burger van die land is, word gesê.