MK leier waarsku ANC

Die leier van die voormalige terroriste beweging bekend as MK, het ʼn ernstige waarskuwing gerig tot die ANC regering wat neerkom op ʼn uitdaging van gesag.

Carl Niehaus het gewaarsku dat enige poging wat bedoel is om Jacob Zuma te arresteer, ten sterkste teengestaan sal word.

Die lede van Umkhonto weSizwe Military Veterans Association bewaak glo die hele Nkandla wooneenheid van Jacob Zuma en hulle kamp glo daar vir so lank as wat dit nodig mag wees.

Die optrede van die veterane kan lei tot ʼn gevaarlike situasie van konflik wat ook toekomstige situasies kan beïnvloed.