Minister moet maar opdok

Die afgelope week se fiasko met die koronavirus entstof wat verkeerdelik aangekoop is omdat die deeglike huiswerk nie gedoen is nie, laat nou dat kiesers vra vir ernstige optrede.

Dit het onder die aandag van Die Vryburger gekom dat die aankoop van die ondoeltreffende Oxford entstof wat uit Indië afgelewer is, sowat R118 miljoen beloop vir die miljoen dosisse wat ontvang is.

Eise word nou gestel dat die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, die rekening maar self uit sy sak moet betaal, veral in die lig van twee faktore:

Die Minister het nie deeglike huiswerk gedoen nie, want as hy deeglik was, sou hy nie die Oxford entstof gekoop het nie.

Tweedens is dit bekend dat die minister n redelike hoe besoldiging kry, end at hy die rekening van R118 miljoen sal kan bekostig.

Deur die twee redes as motivering te gebruik en in ag te neem, hou die voordeel in dat die minister nie weer so nalatig sal wees met toekomstige aankope van entstof nie, word gesê.