Miljoene Rand ongeregistreerde medikasie

In die grootste aantal gevalle van ongeregistreerde medikasie wat onwettig die land binnekom, is bedoel om herverkoop te word aan oningeligte kliente.

Die polisie in Suid-Afrika het ongeregistreerde medisyne ter waarde van R125 miljoen op die Tambo Lughawe van Johannesburg gevind.

Die reuse besending ongeregistreerde medisyne was in “standaard” grote kartonne verpak, en is betyds deur die Gesondheid Reguleerders nagegaan en gevind dat dit onwettige produkte is wat in gesmokkel is.

Die nadelige van die voorval is dat geen persone gearresteer is nie, en waarnemers reken die smokkelaars is bedrewe in die bedryf en maak hulle betyds uit die voete.