Mianmar polisie gebruik lewendige ammunisie

Die polisie van Mianmar het uit radeloosheid begin om die pro-demokrate se protes optogte te probeer stuit deur selfs lewendige ammunisie teen die vreedsame optog gangers te gebruik.

Die pro-demokrate is besig om die staatsgreep se militariste grys hare te besorg deur onverpoosd voort te gaan om hulle leier se vrylating te eis.

Honderde sakeondernemings het uit simpatie met die optog gangers, hulle ondernemings gesluit, terwyl duisende werkers spontaan begin het om te staak.

Terwyl die staking voortgaan, die protes optogte al groter word, en die polisie al meer roekeloos is, word die pro-demokrate se taak veel ligter.

 Alhoewel die generaals beweer dat hulle ʼn verkiesing sal uitskryf, bestaan die moontlikheid dat verkiesings bedrog gepleeg gaan word, by menige kiesers in die land.