Mianmar kiesers staan by leiers

Die kiesers van Mianmar (voorheen Burma) het hulle nie laat afskrik deur honderde soldate en pantser voertuie wat die strate van elke groot stad probeer intimideer nie.

In die afgelope twee dae het die protesteerder se leiers die militariste onkant gevang deur stilweg te sit in die belangrikste strate van die stad. Duisende werkers het daaraan deelgeneem, wat veroorsaak het dat die staatsdiens se personeel ook afwesig is van die werkplek.

Ander het hulle motors laat staan op die snelweë, enginkap oop asof hulle voertuig onklaar geraak het.

Die optrede het algehele chaos veroorsaak waarteen die generaals nie werklik ʼn antwoord kon vind nie.

Die protesteerders eis steeds die vrylating van die verkose regeringsleiers en eis dat die generaals hulle eerder moet hou by dit waarvoor hulle aangestel is.

Die militariste het tot hede baie gesukkel om met militêre voertuie op die snelweë te ry weens die blokkades wat veroorsaak is.