Mianmar hoofstede word militêr bewaak

Die Militêre Juta wat ʼn staatsgreep uitgevoer het in Mianmar, het nou die belangrikste stede in die land met groot hoeveelhede soldate en offisiere ontplooi om enige moontlike opstand deur die demokratiese kiesers te voorkom.

Die ontplooi van soldate kom na meer as ʼn week se deurlopende betogings en optogte wat inwoners hou om die vrylating van die wettig verkose politieke leiers te eis.

Die stede wemel van soldate en weermag voertuie, en waarnemers reken die optrede is ook daarop gemik om inwoners vreesbevange te maak, maar die politieke leiers wat steeds met verset optogte volhou, is nog nie afgeskrik nie.

Hewige druk is nog nie deur Westerse lande toegepas nie, en veroorsaak glo spanning onder weermag generaals wat nie seker is van wat hulle kan verwag nie.

Yangon, die land se grootste stad, is feitlik oorlaai met troepe en weermag voertuie wat deurlopend die strate patrolleer, maar geen ongevalle is tot nou aangemeld nie.