Mianmar gebelgd oor VSA min steun

Die kiesers van die gekaapte Mianmar staat het in ʼn massa optog hulle ontevredenheid getoon met die powere aanbod van Joe Biden om net toegang tot $1 miljard te blokkeer.

Die Vryburger het verlede week berig van die besluit van president Biden wat geen indruk sal maak op die militêre Juta van Mianmar nie.

Die VSA se sanksies teen die Weermag se Generaal Min Aung Hlaing en die Minister van Verdediging, Generaal Mya Tun Oo en ander offisiere maak glo ook geen indruk nie.

Protesteerders het met groot getalle mense plaasgevind om die vrylating van die demokraties verkose leiers te eis, en het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die Amerikaanse president, Joe Biden, te kritiseer vir sy halfhartige optrede teen die militariste wat die staatsgreep uitgevoer het.

Die betogers het sonder vrees vir arrestasies ook ʼn beroep gedoen op wêreldleiers om sterk op te tree teen die militariste wat nou onwettig die land regeer.