Lugbesoedeling word ondersoek

Volgens die Departement van Omgewingsake word ʼn ondersoek gedoen na die lugbesoedeling in die Gauteng gebied.

Die ondersoek is glo in opvolging van besware oor die swaelreuk wat klaarblyklik deur nywerhede vrygestel word. Die swaeldioksied asook  waterstofsulfied is volgens deskundiges die rede vir die onaangename reuk.

Die reuk wat reeds baie jare waargeneem is, en waarskynlik van Sasol in Secunda afkomstig is, word nou eers ondersoek. Met tye wanneer veral die wind vanaf Secunda waai, word die swaelreuk in Gauteng waargeneem.

Die departement is van mening dat die reuk verband hou met die vrystelling van die twee gifstowwe wat waarskynlik gelyktydig in die lug vrygestel is.

Daar is ook vermoedens dat Eskom wat talle steenkool kragstasies het in Oos-Transvaal, ook verantwoordelik kan wees om slegte reuke te veroorsaak.