Kruger munte gevind sonder vergoeding

ʼn Man het in Duitsland klaarblyklik goue Kruger muntstukke gevind terwyl hy besig was om ʼn stukkie grond gereed te maak vir ontwikkeling.

Sy eerste vraag was of optel goed eie goed is, maar dit lyk nie die geval te wees nie – ten minste nie te alle tye nie.

Volgens die Duitse hof kan die man dalk geen vergoeding kry vir sy eerbare optrede om die goue muntstukke aan die owerheid te oorhandig nie.

Die man het sy hoop gevestig op die hof uitspraak, en moes teleurgesteld hoor da thy nie aanspraak kan maak op vergoeding vir sy fonds nie.

Die werker wat die muntstukke ontdek het, was besig om sy werkgewer se opdrag uit te voer met die gereedmaak van die grond toe hy die munstukke gevind het wat op onverklaarbare wyse daar onder die grond gekom het.

Die werker en van sy helpers het die volgende dag nog houers met goue munte gevind, en in totaal is sowat $607,000 se goue munte saam met ander kontant geld gevind.

Die hof het bevind dat ʼn groot aantal muntstukke ʼn onlangse datum dra, wat daarop aankom dat dit onlangs daar begrawe is, en dus nie as ʼn vreemde skat beskou kan word nie. Dit is nog nie duidelik of die man wel ʼn vorm van vergoeding gaan ontvang vir wat hy op eerlike wyse hanteer het nie.