Kosovo se vryheid stryders wen verkiesing

Die stryders teen die huidige bestel in die Oos-Europese staat Kosovo het die verkiesing met ʼn groot meerderheid gewen te midde van ʼn verkiesing is gure weersomstandighede.

Die uiters lae temperatuur op verkiesingsdag en die koronavirus pandemie kon die entoesiasme van die vryheid stryders nie demp nie.

Die vryheid stryders word egter bestempel as die linkse groepering in die politieke spektrum van die land, maar sy oorwinning is glo veel groter as wat verwag is.

Dit is die tweede algemene verkiesing wat binne 18 maande in Kosovo gehou is, en met ʼn totaal van 48% van die stemme, sal die party waarskynlik met een kleiner party in koalisie gaan.

Die Demokratiese Party wat oor ʼn lang tyd die land regeer het, kon met die afgelope verkiesing slegs 17% van die stemme op hom verenig.