Koerdiese rebelle dood talle Turke

Die Turkse regering het lede van die Koerdiese Werkers Party daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die dood van Turkse burgers.

Turkye beweer dat die Koerdiese rebelle 13 Turkse burgers ontvoer het, en hulle later gedood het op wreedaardige wyse.

Volgens berigte is die Turkse burgers in Irak gefusilleer deur die Koerdiese Werkers Party se ondersteuners.

 Turkse soldate het nou ʼn aanval beplan op een van die Koerde se grotte waar hulle skuil, en beplan om die 13 lyke te vind en wraak te neem vir die wandaad wat gepleeg is.

Onbevestigde berigte lui dat 12 van die Turkse slagoffers elk met ʼn koeelwond in die kop gevind is, maar geen berig is bekend oor die oorblywende person nie.