Koeberg kragsentrale weer onklaar

Suid-Afrika se enigste kernkragsentrale, Koeberg, is weer onklaar en vrees dat die fout gevare inhou vir mens en dier, is besweer deur die versekering wat die reguleerder gegee het.

Krake in die beton konstruksie het die kommer gewek dat die foute kan lei tot ernstige kernkrag bestraling vir die wyer gebied rondom Koeberg.

Die Nasionale Kernkrag Reguleerder het in ë verklaring gesê die krake is nie ë bedreiging vir die buite gebiede nie, en is steeds veilig binne die raamwerk van die gestelde standaarde en vereistes.

Volgens die Reguleerder is krake aan die buite struktuur gevind, maar die binne struktuur is steeds in ʼn uitstekende toestand.