Kataloniërs in hewige politieke stryd

Die afgelope naweek se verkiesing in die Spaanse deelstaat Katalonië het weereens die diep gewortelde verdeeldheid tussen separatiste en sosialiste getoon.

Die sosialiste wat ten gunste is van die huidige bestel om deel te bly van Spanje, het die verkiesing gewen deur die meerderheid lede van die deelstaat se parlement te verteenwoordig.

Die wenners gaan egter te make kry met ʼn baie sterk opposisie uit die geledere van die separatiste wat baie setels van die sosialiste afgevat het.

Salvador Illa is ʼn vennoot van die Spaanse president,  Pedro Sanchez, en sal besonder goed moet vaar in die parlement om nie deur die separatiste uit sy stoel gelig te word nie, het politieke ontleders later erken.

Alhoewel die sosialiste na verwagting net een parlementslid meer het as die separatiste, het die deelstaat nou ʼn situasie bereik waar die regering maklik omver gegooi kan word met ʼn mosie van wantroue wat te enige tyd verwag kan word.

Afgesien daarvan dat die sosialiste een setel meer het in die parlement, het die separatist 54% van die stemme getrek, en dit maak die deur reeds oop om die sosialiste uit die streeksregering te druk.