Julia Navalny besoek Duitsland

Die eggenote van Alexei Navalny het inderhaas ʼn besoek gebring aan Duitsland, terwyl haar man in ʼn gure tronk in Moskou aangehou word “omdat hy die parool voorwaardes oortree het”.

Julia, wat ʼn prominente rol vervul in die politieke stryd van haar man, het van die Moskou Domodedovo lughawe vertrek na Duitsland, maar die dringende besoek is nie duidelik nie, alhoewel sekere vermoedens bestaan.

Politieke kenners vermoed sy wil besoek bring aan Alexei se vennoot, wie nou ook deur die Russiese regering gedreig word vir sy klaarblyklike deelname aan die verset teen die Poetin bewind.

Die dapper Russiese vrou het op die Frankfurt lughawe geland, maar dit is onbekend wie haar daar per motor gehaal het.