J&J lewer tweede besending entstof

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het gesê die volgende besending entstof afkomstig uit Johnson en Johnson (J&J) se voorraad, word nou afgelewer gedurende die naweek.

Die eerste besending van 80,000 dosisse wat op 16 Februarie afgelewer is, word nog gebruik in die veldtog, en die tweede besending van 80,000 dosisse bring die totaal op 160,000 wat aangewend kan word.

Die stadige tempo waarteen die immunisering plaasvind, laat kenners twyfel of daar ooit vanjaar meer as 10 miljoen mense geïmmuniseer gaan word, terwyl die regering onderneem het om 40 miljoen in te ent voor die einde van Desember 2021.

Meningsvormers reken egter die tempo van inenting word kunsmatig stadiger gemaak om nie te vinnig entstof aan te vul waarvoor betaal moet word terwyl die land nie oor die fondse beskik om meer inentings te doen nie.